WAT IS ‘N GELOOFSFAMILIE?
Vrywillige saamgroepering van mense, in gehoorsaamheid aan die opdragte van God, met ‘n gemeenskaplike Goddelike doel, toegewyd aan God-drie-enig.
WAT MOET IN ‘N GELOOFSFAMILIE GEBEUR?
WAT KAN EK VAN DIE GELOOFSFAMILIE VERWAG?
WAT WORD VAN MY VERWAG AS GELOOFSFAMILIE LID?
1. Onvoorwaardelike liefde: Die gedagte van GELOOFSFAMILIE is om vir mekaar lief te wees. Hier sal ek probeer dat niks in die pad staan vir my liefde vir mekaar nie. Al kom daar tye dat ek nie saam met ander stem oor hulle sienings en opinies nie, sal ek steeds die mense liefhê. My liefde sal ook uitreik na ander wat nog nie in die groep is nie en poog om hulle in te trek en deel te maak van die GELOOFSFAMILIE.
2. Algehele beskikbaarheid: Stel jouself, jou tyd, gawes, energie, insig en wysheid beskikbaar vir die groep. Maak ‘n verbintenis tot die groep en maak dit prioriteit in jou lewe. Hier is so baie geleentheid vir bediening.
3. ’n Biddende GELOOFSFAMILIE: Bid vir mekaar. Dit is wat die Here van ons verwag. Bid sonder ophou dat die Here die lede en die byeenkomste sal seën.
4. Groter openheid: Hier is die plek om jou gevoelens, jou stryd , jou swaarkry en jou vreugdes te deel. Vertrou die groep met wat op jou hart is en skep ‘n vertrouensband dat almal vrymoedig kan deel. Wees altyd eerlik.
5. Sensitiwiteit vir ander: Wees ingesteld op die ander se behoeftes. Kyk met Christus se oë, luister met Sy ore en gee om met Sy hart.
6. Waaragtige vertroulikheid: Moenie uitpraat oor vertroulike dinge wat binne die groep gesê word nie. Skep altyd ’n atmosfeer waar sekuriteit heers.
7. Volkome beheer deur die Heilige Gees: Laat jou ten volle deur die Heilige Gees lei oor waar God jou will plaas en gebruik in die wêreld. Lewe onder beheer van die Heilige Gees en stel jouself en jou gawes tot diens van God.
8. Getroue bywoning: Maak ‘’n verbintenis en woon elke GELOOFSFAMILIE-byeenkoms gereeld en stiptelik by. Maak verskoning as jy in uitsonderlike gevalle nie kan bywoon nie.
9. Dankoffer: Onthou om ook jou dankofferbydrae getrou te gee.